Prev Page Contents Next Page

Pro-Jesu

Datums: Jan -- Des 2000* (10 dae en langer)
Koördinerende
instansie:
Pro-Jesu
Teiken: Minderbevoorregtes, armes en onbereiktes in verafgeleë dele van Afrika
Sendingwerk na ongeëvangeliseerde, moeilik bereikbare, afgeleë gebiede met behulp van die Jesus-film, dienste en die beskikbaarstel van Bybels en ander geestelike literatuur. Ons werk Botswana-gekonsentreerd, asook in ander Afrika lande soos deur betrokke groepe beplan en bepaal. 'n Ingerigte 4x4-voertuig en kamptoerusting word gebruik met langafstand brandstof- en watertenks. Ideaal om groepe aan die sendingveld en -werk prakties bekend te stel en ideale leerskool vir kerke en groepe om die Groot Opdrag van Matt 28 te ervaar. Die voertale is Afrikaans, Engels en deur tolke. Kom deel in hierdie groot avontuur saam met die Here. Jou lewensuitkyk gaan beslis verander en meer Godgerig wees.

Vereistes: Lidmate van enige denominasie is welkom. Maksimum 10 persone per groep. Uitreiktye vanaf 10 dae en langer. Bring klere, beddegoed/slaapsak en eetgerei.
Voorbereiding: Meelewende Christene
Beginpunt: Keimoes of soos gereël
Verwagte koste: R1.80 per km plus kosrantsoen
Aansoeke voor: Ten minste 60 dae voor uitreiking
Navrae - A: Deon Snyders, Hoofstr 100, KEIMOES, 8860
Telefoon - A: 054--4611641
Faks - A: 054--4611641
Gebedsversoek: Pro-Jesu --- leiding deur die Heilige Gees

* --- this next to the date implies that the project is repeated each year.

Prev Page Contents Next Page
Copyright: Reachout, Inserv. E-mail: reachout@inserv.org.za