Prev Page Contents Next Page

Straatwerk --- Kaapstad

Datums: Jan -- Des 2000*
Koördinerende
instansie:
Straatwerk Kaapstad
Teiken: Afgedwaaldes, prostitute, jongmense en straatkinders
Hier is 'n geleentheid vir geroepe jongmense om as vrywilligers deeltyds by straatwerk betrokke te raak. Naweeksaande reik jongmense uit na afgedwaalde, soekende mense in die strate van Kaapstad. Gedurende die week kan mense op deeltydse basis betrokke raak by ons uitreike na die haweloses, straatkinders, prostitute en jongmense vasgevang in die nagklubkultuur en dwelms. Ons is geroep om die boodskap van Lig uit te dra tot in die hartjie van die koninkryk van die duisternis. Sien ook bladsy 38. Voertaal: Afrikaans, maar Engelssprekendes word geakkommodeer.

Vereistes: Jongmense wat 100% gefokus is op Jesus, wat dood is vir die wêreld maar lewe vir God, wat 17--25 jaar oud en ongetroud is. 'n Keuringsproses word deurloop. Deeltydse werkers moet in die Kaap woon en ongeveer een keer per week inskakel.
Voorbereiding: Gebed, skoling, indiensopleiding
Beginpunt: Kaapstad
Verwagte koste: Geen
Aansoeke voor: Regdeur die jaar
Navrae - A: Straatwerk --- Kaapstad, Posbus 910, PAROW, 7499
Telefoon - A: 021--9308055
E-pos - A: straatw@iafrica.com
Faks - A: 021--9307690
Gebedsversoek: Straatwerk Kaapstad --- werkers gestuur en gebruik deur God

* --- this next to the date implies that the project is repeated each year.

Prev Page Contents Next Page
Copyright: Reachout, Inserv. E-mail: reachout@inserv.org.za