Prev Page Contents Next Page

Siele vir Jesus

Datums: Jan -- Des 2000*
Koördinerende
instansie:
Siele vir Jesus
Teiken: Noord-Kaap en ander dele van SA
Ons is navolgers van Jesus Christus en as jy 'n navolger is kan jy inskakel in Kimberley of in jou tuisdorp. Ons wil graag deur die Heilige Gees gemeentes en groepe oproep om Jesus se bediening uit te leef en te doen, d.m.v. genesingseminare (Jesus het altyd gesond gemaak) gebedseminare (Jesus het altyd Hom afgesonder vir die Vader), duiweluitdrywingseminare (Jesus het duiwels uitgedryf), en evangelisasie (Jesus het oral gepreek en geleer). Ons hou opelug-, tent- en binnenshuise dienste en doen straatwerk. Verder neem ons ook Bybels na ander lande (insluitend geslote lande), gee praatjies en getuienisse oor satanisme, okkulte en verkeerde musiek. Skakel ons as u of u gemeente betrokke wil raak.

Vereistes: Wedergebore Christene wat glo in God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees
Voorbereiding: Kursusse, gebed en indiensopleiding
Beginpunt: Kimberley of jou dorp
Verwagte koste: Van ons kant is dit gratis --- jy dra jou eie koste
Aansoeke voor: Deurlopend
Navrae - A: Past Rooies Strauss, Siele vir Jesus, Posbus 110084, HADISONPARK, KIMBERLEY, 8306
Telefoon - A: 053--8612394 (Rooies Strauss) / 082--7899550 (beradingslyn 24 uur)
Gebedsversoek: Siele vir Jesus --- dat die evangelie by die verlore skape sal uitkom

* --- this next to the date implies that the project is repeated each year.

Prev Page Contents Next Page
Copyright: Reachout, Inserv. E-mail: reachout@inserv.org.za