Prev Page Contents Next Page

Global Careers

Datums: Deeltyds oor 2 jaar*
Koördinerende
instansie:
Global Careers
Teiken: Mense by jou werk --- plaaslik of as tentmakersendeling
Global Careers is 'n Christen-diensorganisasie wat dissipels van Jesus Christus --- saam met hulle gemeentes --- bystaan om hul beroepe te gebruik om mense in hul spesifieke behoeftes te bedien, plaaslik en in ander lande. Global Careers het 'n spesiale toerustingsprogram wat beroepsmense toerus om as dissipels van Jesus Christus deel te wees van God se sending na die wêreld. Die toerusting vereis dat jy prakties in dissipelskap betrokke raak vanuit jou gemeente tot aan die eindes van die wêreld.

Vereistes: 'n Bereidwilligheid om elke aspek van jou lewe en bediening te integreer om sodoende verhoudings te bou en vertroue te wen.
Voorbereiding: Deurlopende, deeltydse opleiding met praktiese uitreikings. 'n Korrespondensiekursus is ook beskikbaar.
Beginpunt: Waar jy ookal is
Verwagte koste: ±R1600 vir die basiese kursus
Aansoeke voor: Kan enige tyd begin
Navrae - A: Posbus 5054, BELLVILLE, 7535
Telefoon - A: 021--9496118
E-pos - A: gcgroup@iafrica.com
Faks - A: 021--9453123
Gebedsversoek: Global Careers --- beroepsmense wat betrokke raak in dissipelskap

* --- this next to the date implies that the project is repeated each year.

Prev Page Contents Next Page
Copyright: Reachout, Inserv. E-mail: reachout@inserv.org.za